Ilja Moeromets

Bogatiri, deur Wiktor Wasnetsof (1898). Van links is Dobrinja Nikititsj, Ilja Moeromets en Aljosja Popowitsj.

Ilja Moeromets (Russies: Илья́ Му́ромец; letterlik Elia van Moerom) is ’n Slawiese folklore-held van Kiëf-Roes. Sy lof word besing in verskeie bilini (epiese gedigte). Hy, Dobrinja Nikititsj en Aljosja Popowitsj word beskou as die grootste van die legendariese bogatiri, of ridders, van Kiëf-Roes. Hulle word saam uitgebeeld in Wiktor Wasnetsof se bekende skildery Богатыри (regs).


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search